Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans

R300.00

In Verset & opbou beskryf J.C. Steyn, ’n gerekende taalhistorikus, die uitdagende én prysenswaardige werk van verskeie Afrikaanse taalaktiviste soos pres. M.T. Steyn, S.J. du Toit, C.J. Langenhoven en N.P. van Wyk Louw.

Hy volg die pad van Afrikaans vanaf die wankelrige begin van die 1875-patriotte tot die onderhandelinge vir ’n nuwe demokratiese Suid-Afrika en die pogings ná 1994 om Afrikaans onder ’n nie-te-vriendelike regering te behou en te bevorder.

Deur middel van ’n nugtere benadering kyk Steyn na die geslaagde strategieë en mislukte aksies, en die hooffigure in Afrikaans se jare lange taalaktivistiese stryd.  

Voorraad beskikbaar