Oor die hedendaagse uitdagings wat Afrikaans en ander minderheidstale in Suid-Afrika in die gesig staar, meen Steyn is N.P. van Wyk Louw se insig in taal en taalaktivisme steeds relevant. Boonop bied verskeie alternatiewe en nuwe benaderings tot taalaktivisme, soos voorgestel deur moderne Afrikaanse taalaktiviste, ook moontlike antwoorde tot hedendaagse uitdagings.
Die boek is verdeel in agt hoofstukke en bevat nagenoeg 80 foto’s.
Oor die skrywer: J.C. Steyn
J.C. (Jaap) Steyn was joernalis en navorser en dosent aan verskeie Suid-Afrikaanse universiteite. Hy het talle vakkundige artikels en publikasies op sy kerfstok wat ’n bekroonde digbundel, prosawerke en boeke insluit, en is veral bekend vir sy deeglike studies oor die Afrikaanse taal en geskiedenis, asook vir sy biografieë oor M.E.R., N.P. van Wyk Louw en Piet Cillié. Sy omvattende werk oor die geskiedenis van Afrikaans, ‘Ons gaan ’n taal maak’: Afrikaans sedert die Patriot-jare (2014), is ook by Kraal Uitgewers gepubliseer. In 2017 is hy as die mede-ontvanger van die Jan H. Maraisprys vir sy bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal aangewys. Sy werk is ook met verskeie ander toekennings bekroon.
Kennersmening
“Met hierdie boek bevestig J.C. Steyn sy posisie as een van die belangrikste Afrikaanse skrywers oor taalkrisisse en taalontwikkeling, oor die belang van die eie taal as ’n tuiste vir identiteit en as weg tot volledige menslikheid. Elkeen wat vir Afrikaans omgee, behoort dit te lees.” – Chris van der Merwe, emeritusprofessor in Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Kaapstad
Uitgewer: Kraal Uitgewers
Publikasiedatum: 14 Augustus 2019
Bladsye: 329 bladsye
Formaat: 240 mm x 170 mm
Bindstyl: Sagteband
Genre: Niefiksie, taalgeskiedenis
Uitgawe: 1
Hierdie publikasie is moontlik gemaak deur ‘n ruim finansiële bydrae vanaf die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns