Tot ses spanne kan saam speel aan Voetspore van Israel en terwyl julle skater oor die ander spanne se stomstreke gebaseer op Bybelse gebeure, leer almal so saam-saam die Bybelse geskiedenis. As jy ’n woordraaisel-foendie is of jou storie ken met die identifisering van prente, sal jou span sommer in ’n japtrap die woestyn met al sy uitdagings kan kafdraf. Die bordspeletjie bevat 300 speelkaarte met uiteenlopende kennisvrae.
Voetspore van Israel
R350.00
Hier is dit uiteindelik – ’n Bybelse bordspeletjie vir die hele gesin en dit boonop in Afrikaans! Voetspore van Israel lei spelers op ’n Bybelse avontuur deur die woestyn. Volg in die voetspore van die antieke Israeliete vanaf die uittog uit Egipte, deur 13 stoppe tot in Jerusalem in die Beloofde Land. Dié speletjie is geskik vir oud én jonk. Leer hiermee meer oor hoe God sy volk toe én vandag nog lei.
Uitverkoop