Wat gebeur wanneer ʼn eiewys wilgerboom, ʼn saggeaarde appelboom, ʼn liggeraakte doringboom en ʼn liefdevolle kremetart as’t ware in dieselfde tuin beland? In die pragtig geïllustreerde en eg Suid-Afrikaanse kinderverhaal Waar bome groei deur Ria Claassen (illustrasies deur Alzette Prins) kry hierdie bome lewe. Hul lewens is egter nie sonder uitdagings nie want terwyl die appelboom die boord en sy mense verkies, droom die wilgerboom van ʼn lewe aan die oewer van ʼn rivier met die wind wat deur sy takke waai. Die doringboom en kremetart wil ook hulle sin hê, maar hoe gemaak om almal tevrede te stel? Die wyse uil beraam ʼn plan en span boonop die voëltjies van die veld in om te help.
Spesifikasies: Sagteband
Outeur: Ria Claassen, illustrasies deur Alzette Prins
Uitgewer: My Duncan Dog