Gruwez gebruik die skoonheid van die taal om oor aktuele lewenskwessies te besin en om te vergoed vir ’n onvolkome bestaan. Taal bring dus weerbaarheid en pantser jou teen die lewe – ’n universele tema waarmee ook Suid-Afrikaanse en Afrikaanse lesers kan identifiseer.
Met Weerbare weemoed bied Van Coller ’n leesbare en onafhanklike teks, met gedigte gesitueer in hul oorspronklike geografiese en historiese konteks – teks wat ook vir die Afrikaanse leser bekend en eie sal klink en bewys dat taal in staat is om grense oor te steek.
Wat sê die kenners
“Lesers (en veral poësieliefhebbers) is Van Coller groot dank verskuldig dat hy dié ‘sprong in die duister’ gewaag het, want in sy vindingryke vertalings in Weerbare weemoed word die vele fasette van Luuk Gruwez se eiesoortige digterstem – die weemoed, wanhoop én waansin; die heimwee, maar ook die ironie – in klinkende Afrikaans vasgelê.”
Prof. Thys Human, letterkundedosent, Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus)
Spesifikasies: Portret; 220 mm x 160 mm; sagteband; 154 bladsye
Digter: Luuk Gruwez
Vertaler: Hennie van Coller
Uitgewer: Kraal Uitgewers
Genre: Digkuns
Publikasiedatum: November 2020
Uitgawe: Eerste