Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902

R490.00

 


Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, deur Pieter de Jager, is die sewende en laaste boek in Kraal Uitgewers se Die erwe van ons vaad’re-reeks (onder redaksie van A.W.G. Raath). Dit bied ’n omvattende weergawe van prominente én minder bekende veldslae en skermutselings wat in die Wes-Transvaal afgespeel het sowel as persoonlike ervarings van dié gebied se krygers. Die ZAR se westelike Boeremag het krygers van Pretoria-Wes, Johannesburg-Wes, Krugersdorp en Rustenburg in die oostelike streek tot by Lichtenburg, Wolmaransstad en Bloemhof in die verre weste ingesluit, terwyl die Noord-Kaapse, Griekwaland-Wes- en Stellaland-Rebelle hulle ook hier by die oorlog aangesluit het.


Aandag alle versamelaars van die Erwe van ons vaad’re-reeks.
Onthou om jou unieke versamelaarsnommer by jou bestelling te voeg. 


Voorraad beskikbaar