[Ep.10] HOOFSTUK 16 – Ons geslag se taak

Die geslagte vóór ons het met groot uitdagings te kampe gehad. Die een geslag moes die Groot Trek aanpak, die volgende een die Anglo-Boereoorlog. Daarna het die modernisering van Afrikaans gevolg waardeur die land opgebou en ontwikkel is. Die volgende geslag moes die Koue Oorlog en die Grensoorlog trotseer, en die volkereverhoudingsprobleem probeer oplos deur sogenaamde “afsonderlike vryhede”. Die huidige geslag moet ’n antwoord vind vir meerderheidsregering wat in meerderheidsoorheersing ontaard. So skryf Flip Buys oor die taak van vandag se geslag.

Luister hieronder na Hoofstuk 16 van die boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur, deur Flip Buys. Hierdie is die tiende episode in ‘n reeks van drie-en-twintig opnames wat hier geluister kan word op die Kraal webblad. 


Bestel nou jou kopie van Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur.
Klik hier en gebruik die kode ‘Selfbestuur’ om R100 te spaar! (Slegs terwyl voorraad hou)