[Ep.3] HOOFSTUK 2 – Die verlede leer ons daar is altyd ’n toekoms

Suid-Afrika is tans nie op ’n goeie plek nie: Die politiek is deurmekaar, die ekonomie is pap, misdaad vier hoogty, protesoptogte ontwrig die land, en die staat verval stuk-stuk. Daarby wys die gereelde rassestorms op sosiale media hoe broos die samelewing op sekere plekke is. Die prentjie lyk vir baie mense donker, en talle wonder of daar nog vir hulle ’n toekoms in Suid- Afrika is.
Die verlede wys egter dat daar altyd ’n toekoms is, sê Flip Buys in hierdie tweede hoofstuk van sy boek waarna jy nou kan luister.

Luister hieronder na Hoofstuk 2 van die boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur, deur Flip Buys. Hierdie is die derde episode in ‘n reeks van drie-en-twintig opnames wat hier geluister kan word op die Kraal webblad. 


Bestel nou jou kopie van Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur.
Klik hier en gebruik die kode ‘Selfbestuur’ om R100 te spaar! (Slegs terwyl voorraad hou)