[Ep.8] HOOFSTUK 12 – Switserland en die “f ”- woord

“Hoe kan die ANC sosialisme vir die soveelste keer weer probeer?” vra ’n ekonoom-vriend my moedeloos. “Inderdaad, sosialisme is gewild in arm lande waar dit nie kan werk nie, en onnodig in ryk lande waar dit wel kan werk,” is die enigste antwoord waaraan ek kan dink. Kom luister na Flip Buys se voorstelle vir Suid-Afrika se bedeling.

Luister hieronder na Hoofstuk 12 van die boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur, deur Flip Buys. Hierdie is die agste episode in ‘n reeks van drie-en-twintig opnames wat hier geluister kan word op die Kraal webblad. 


Bestel nou jou kopie van Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur.
Klik hier en gebruik die kode ‘Selfbestuur’ om R100 te spaar! (Slegs terwyl voorraad hou)