Erfenismaandfokus – Doopname geïnspireer deur ABO

Op 9 September 1903 skryf Emily Hobhouse ’n brief aan haar skoonsuster en verwys na die doopgeleentheid wat sy bygewoon het. Die seuntjie is gedoop as “Lemmer Gravett Spruyt” ter ere aan drie Boeregeneraals (genls. H.R. Lemmer, Gert Gravett en C.J. Spruyt) wat tydens die Anglo-Boereoorlog gesterf het.

In Dae uit ons geskiedenis word ook verwys na ander doopname wat deur die oorlog geïnspireer was, terwyl Afrikaners later ook in die tyd van die simboliese Ossewatrek van 1938 inspirasie vir hul kinders se name gevind het. Dogtertjies is as “Kakebenia” of “Eeufesia” gedoop. Hobhouse het ook in haar skrywe verwys na ’n Britse kind was as “Belmontia Graspania Modderriviria Metheun” gedoop is – ter nagedagtenis aan veldslae waarby lord Methuen betrokke was. Doopname is ’n vorm van erfenis wat dikwels van die een geslag na die ander oorgedra word.

Vier erfenismaand saam met Kraal Uitgewers en vertel ons van die vreemde, mooi, uitspattige en aardige doopname in jou familie.

(Bron: Dae uit ons geskiedenis, saamgestel deur die Vriende van Afrikaans)  


Kraal Uitgewers vier Erfenismaand met ’n fokus op monumente, bakens, historiese terreine en historiese items wat alles deel vorm van ons erfenis.