Erfenismaandfokus – Voortrekkerleier Sarel Cilliers se geboortedag

 

Dit is vandag Sarel Cilliers, geestelike leier van die Voortrekkers, se geboortedag. Cilliers se nalatenskap is veral sigbaar in die woorde van die Gelofte wat voor die Slag van Bloedrivier afgelê is. Die Sarel Cilliers-monument (sien foto) is ontwerp deur die beeldhouer Coert Steynberg en bring hulde aan dié geestelike leier. Dié monument staan voor die NG Moederkerk op Kroonstad en is op 16 Desember 1950 onthul.

Het jy geweet dat die dorp self ook sy naam te danke het aan Cilliers? Wel, eintlik aan Cilliers se perd, Kroon, wat volgens oorlewering in ’n stroom wat deur die dorp loop verdrink het. Sommige bronne meen wel die perd het moontlik aan Koos de la Rey se seun, Adriaan, behoort en nie aan Cilliers nie. Watter ander erfenisterreine of museums hou ook verband met dié Voortrekkergeestelike?


Kraal Uitgewers vier Erfenismaand met ’n fokus op monumente, bakens, historiese terreine en historiese items wat alles deel vorm van ons erfenis.