Erfgoed vir die kleingoed – ons vier die erfporsie wat vir ons kinders beskikbaar is

TIEN DAE VAN ERFENIS – DAG 9 : 23 SEPTEMBER 

Erfgoed vir die kleingoed – ons vier die erfporsie wat vir ons kinders beskikbaar is.

Onthou jy dié kinderhelde?

  • Japie Greyling: Die gebeure van 2 Maart 1901 waartydens die 11-jarige Japie Greyling die dood in die oë gestaar het, is waarskynlik een van ons bekendste heldeverhale. Japie het op dié dag sy man gestaan en nie voor die Britte se dreigemente geswig en sy pa, Barend Greyling, wie se reputasie as dappere vegter hom vooruitgeloop het, se posisie verklap nie. Selfs toe die Britse bevelvoerder, kaptein Seely, dreig om Japie te skiet, het die jong seun nie ’n woord gerep nie. Die Britte het later die aftog geblaas en Japie ongeskaad met vrede gelaat. Later is daar opgeskryf dat Seely geweldige respek vir die jong Boereseun se manhaftigheid gekry en hom gegroet het met die woorde: “Jy is ’n dapper seun. Ek hoop dat ek jou weer eendag sal ontmoet.” Seely het jare later wel probeer om Japie op te spoor, maar kon eers in 1931 weer met hom kontak maak. Die Brit het sy boek, waarin die gebeure van Maart 1901 beskryf is, vir Japie gestuur. In die voorwoord is sy bewondering duidelik in die woorde: [Japie] whose courageous bearing and fearless answer earned the admiration and respect of a troop of English horse and myself, their commander, thirty one years ago.”
  • Johanna van der Merwe: Johanna van der Merwe het as 12-jarige dogter die wrede Bloukransmoorde op 17 Februarie 1838 tydens die Groot Trek oorleef (waartydens meer as 40 Voortrekkermans, 56 -vroue en 185 -kinders sowel as meer as 200 bruin en swart werkers in ’n aanval deur die Zoeloes vermoor is). Sy het 24 assegaai-steekwonde opgedoen en oorleef deur die liggame van kinders wat reeds vermoor is oor haar te trek en onder die lyke te skuil! Johanna was tot met haar dood mank as gevolg van die aanval en is as ’n ware heldin onthou. Een van die gedenkwaens van die 1937-trek is na haar vernoem en later selfs ’n duikboot van die Suid-Afrikaanse vloot. (Die duikboot, die SAS Johanna van der Merwe, is ondertussen herbenoem na die SAS Assegaai.)

Vier ons erfenis by Kraal Uitgewers

Die Erwe vir ons kind’re-reeks (Paul Kruger, Die dood van twee Kaapse Rebelle en Japie Greyling) bied aan die jeug ’n toeganklike manier om meer te leer oor ons erfenis. Klik hier vir meer inligting oor dié reeks.

 

 

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!