Gedenklesing: Jan Smuts en die ABO

Met die oog op die 115de herdenking van die ondertekening van die Vrede van Vereeniging in 1902 hou die Vriende van die Oorlogsmuseum se Pretoria-tak op Saterdag 3 Junie ’n spesiale gedenklesing met prof. Fransjohan Pretorius as spreker. Die lesing sal fokus plaas op generaal Jan Smuts se rol in die Anglo-Boereoorlog en die Vrede van Vereeniging.

Die lesing wat om 09:30 vir 10:00 gaan afskop, sal by die Melrose-huis in Pretoria aangebied word. ’n Toegangsfooi van R30 is betaalbaar by die lokaal. Alle gaste sal ook ’n gedrukte kopie van prof. Pretorius se gedenklesing ontvang.

Kliek hier vir aanwysings na die Melrose-huis. Vir meer inligting oor die geleentheid of om aan te sluit by die Vriende van die Oorlogsmuseum se Pretoria-tak, kontak die taksekretaresse, Louina Marais, by louina_marais@hotmail.com.