Gee jou pa die geskenk van keuse met ’n Kraal-geskenkbewys

Elke dag is ’n warboel van keuses vir jou pa – die keuse tussen krieket of rugby, skaaptjoppies of ’n sappige biefstuk. Die lys is eindeloos. Keuses gee hom vryheid én tevredenheid. Gee hom hierdie Vadersdag die geskenk van keuse by Kraal Uitgewers met ’n Kraal-geskenkbewys en laat hom toe om te kies tussen een van die uitgewer se top Afrikaanse publikasies of produkte.

Op die Kraal-rak is daar iets wat in elke pa se smaak sal val. Vir die generaal-pa’s is die Generaal-koffiebekerreeks (met generaals Koos de la Rey, Christiaan de Wet en Christiaan Beyers) die perfekte kopie, terwyl boeke soos Van Ovamboland tot Masjonaland, Afrikanerrebellie, 1914-1915 of Portrait of rugby nommerpas vir die boekwurm- en sportmal-pa’s is.

Vir meer inligting oor die perfekte Vadersdag-geskenk kliek hier.