Gee jou wildtuin-ervaring vlerke met dié boek

’n Besoek aan die Krugerwildtuin is so deel van Suid-Afrikaners se kultuur soos braaivleis en biltong. Danksy die skrywer André Christof se onuitputlike passie vir dié nasionale park se natuurlewe, sy fyn waarnemingsvermoë en innemende skryfstyl is die wildtuin-ervaring nou selfs meer kleurryk en opwindend. Christof se derde reisjoernaal, Op vlerke: Ervarings om te koester, het pas verskyn en is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers.

Sy nuutste werk neem, soos die voriges in dié gewilde reeks reisjoernale, die leser op ’n avontuur van die natuur waarin elke verhaal jou dieper in die ritme en bekoring van die Kruger intrek. Met elke haarfyn beskrywing in natuurtonele is dit asof jy langs Christof staan en die energie van die natuur waarlik met jou sintuie beleef – vanuit die gemak van jou eie leunstoel.

Op vlerke: Ervarings om te koester is saam met die twee vorige boeke in dié reeks (Op vlerke: Roep van die visarend en Op vlerke in die Krugerwildtuin) as pakket beskikbaar teen slegs R640 óf apart teen R260. Klik hier vir meer inligting oor dié pakket en hier om Op vlerke: Ervarings om te koester te bestel.

One thought on “Gee jou wildtuin-ervaring vlerke met dié boek

  1. Pingback: Gee jou wildtuin-ervaring vlerke met dié boek - Wêreldwyd

Comments are closed.

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!