Gek oor boeke!

Staar jy dikwels met KRAAL-ogies na boeke?
Voel jy soms soos die agteros wat net wag om in die KRAAL te kom?
Dan is KRAAL UITGEWERS jou kuierplek!

En omdat ons, nes jy, gek is oor boeke, het ons besluit om GRATIS boeke aan ons lojale ondersteuners weg te gee. Dit klink dalk te goed om waar te wees, maar hierdie is geen Gekkedaggrap nie!

Met ons digitale platform Kraal Uitgewers Afgestof, stof ons ouer werke af en kry ondersteuners van Kraal Uitgewers eksklusiewe toegang tot elektroniese weergawes van ou gunstelinge wat lank reeds nie meer in druk is nie en nou so skaars soos hoendertande op geskiedenisliefhebbers se boekrakke geword het.

Om toegang tot dié platform te kry is eenvoudig: Teken hieronder in op die nuusbrief van Kraal Uitgewers en binne ’n japtrap stuur ons vir jou ’n e-pos. Volg bloot die skakel daarop om jou elektroniese boek gratis af te laai.

Lekker lees!

Nuusbrief

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.