Geskie(DOEN)is – die lekkerste ding om nou te doen!

Grendeltyd het jou sekerlik ook al meer as een keer laat sug: “Wat kan ek nóú doen?” Hoewel grendeltyd nog nie iets van die verlede is nie, kan jy nou na hartelus gaan grawe in die verlede en met Kraal Uitgewers se nuwe aanlyn platform elke dag iets nuuts kry om te DOEN! Geskie(DOEN)is is die ideale wegbreekplek vir elkeen wat lief is vir Afrikanergeskiedenis én hul kreatiewe vaardighede wil slyp of selfs hul kennis van die geskiedenis wil toets.

Op hierdie eenstopplaftorm kry jy nou gratis toegang tot unieke, drukbare inkleurprente wat jonk én oud sal besighou, rateltaai blokkiesraaisels oor die geskiedenis en nog vele meer. Gaan loer sommer nou en doen die lekkerste ding – Geskie(DOEN)is! Klik hier om dié platform te besoek.

Snuffel gerus verder en besoek ook Kraal Uitgewers se nuwe platform waar ouer geskiedeniswerke afgestof word en ’n nuwe gedigitiseerde baadjie aantrek. Herontdek verskeie bekende, minder bekende en selfs vergete geskiedenisboeke uit ons geskiedenis met Kraal Afgestof. Die eerste boek op die Afgestof-boekrak, Jopie Fourie: ’n Lewenskets, is onlangs vrygestel en is nou hier beskikbaar.

Teken ook in op Kraal Uitgewers se Facebook-blad en Instagram-profiel en kry jou daaglikse dosis geskiedenisnuus, ontmoet Kraal Uitgewers se skrywers in die gereelde skrywersprofiele, brei jou Afrikaanse woordeskat uit en herontdek die wonder van spreekwoorde en kuier saam of debatteer met ander geskiedenisliefhebbers. Dit alles onder een dak, oftewel alles in een kraal!

Klik hier om op die Kraal Uitgewers-nuusbrief in te teken en ’n vriend van Kraal Uitgewers te word. Dit verseker dat jy nie enige spesiale aanbiedings, boekenuus of geskiedenisbrokkies misloop nie!