De la Rey inkleurprent

Hou die kinders (of jouself) besig en leer sommer iets oor ons geskiedenis in die proses, met hierdie prettige inkleurprent van Genl. J.H. de la Rey. 

Hy staan bekend as die Leeu van die Wes-Transvaal, die held van Magersfontein, die man van legendes – Koos de la Rey. Daar is al oor hom geskryf, gesing en bespiegel. Hy word dikwels vir sy heldedade op die slagvelde van die Anglo-Boereoorlog onthou, maar wie was dié man eintlik? In sy boek De la Rey: ‘n Stryd vir vryheid onthul geskiedkundige Andries Raath die ware De la Rey. Ná die oorlog het De la Rey, met die hulp van sy sekretaris, sy herinneringe tot en met September 1901 opgeteken. Sy voortydige afsterwe in 1914 het beteken dat hy nooit self sy eie verhaal kon klaar skryf nie. Raath se in-diepte navorsing en De la Rey se persoonlike herinneringe wat reeds opgeteken was, bied egter in De la Rey: ‘n Stryd vir vryheid die betroubaarste weergawe oor die lewe van dié legendariese eggenoot, kryger en held.

As jou belangstelling in De la Rey geprikkel is, kan jy ook hier aanlyn die eerste volume van die Ons Helde reeks strokiesprente lees. 


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Laai die De la Rey inkleurprent HIER af.