Muis masker

Sit jou masker op en word weggevoer op ‘n verbeeldingsvlug as Kardoemsie die tandemuis!
Op watter avonture gaan jy gaan in hierdie wonderwêreld van fantasie? 

Hoe om jou muis masker te maak: 

  1. Kry ‘n volwassene om jou te help
  2. Druk die muis masker uit op wit A4 grote papier
  3. Maak die muis masker jou eie deur dit in te kleur of dit te versier 
  4. Knip versigtig die masker uit al om die buitelyne
  5. Sny of knip gate vir jou oë (wees versigtig!)
  6. Maak klein gaatjies deur die ‘vlerkies’ aan die kant van die masker
  7. Ryg ‘n stuk rek/ou veter deur hierdie gaatjies (lank genoeg om rondom jou kop te pas) en maak ‘n knoop aan altwee kante
  8. Sit jou masker op en gaan speel! 
Muismasker (1)

Laai gerus die masker HIER af.