Nonnie inkleurprent

Pioniersvrou. Eggenote. Moeder. Opponent van Britse imperialisme. Volksmoeder. Dit is wie Nonnie de la Rey was en jy kan nou haar kleurvolle lewe vier met hierdie inkleurprent komplimente van Kraal Uitgewers.

Sy was bekend as die vrou van die Boeregeneraal Koos de la Rey, maar in haar leeftyd sou Jacoba Elizabeth de la Rey (gebore Greeff) bewys dat sy veel meer as ’n blote verlengstuk van haar man was. Haar lewe sou ook toon dat die vrou se betrokkenheid by die bittere Anglo-Boereoorlog nie net tot die smart en lyding in die konsentrasiekampe beperk was nie. Nonnie de la Rey: Pionier van die Wes-Transvaal, 1856-1923 (deur Zelda Rowan) volg die voetspore van een van die merkwaardigste vroue in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dit vertel die verhaal van die eerste pioniers in die Wes-Transvaal, werp lig op Nonnie en Koos se nederige beginjare en die gesin se betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog.


 

Laai gerus die inkleurprent HIER af.