Die aap is uit die mou, want Kraal Uitgewers se eerste spreekwoordnotaboeke is beskikbaar net vir jou! Bederf jouself (én ander) met een van dié kostelike haas-, kat- of hondnotaboekies gevul met pittige Afrikaanse spreekwoorde wat op elkeen van hierdie (s)kattige diertjies van toepassing is. Spring gou en HAAS jou na Kraal se e-winkel om joune te koop anders mag jy dalk die bont HOND in wees as alles voor jou neus opgeraap word. Notaboeke bevat 75 bladsye in A5-formaat en is beskikbaar teen slegs R60 elk (posgeld uitgesluit).
Kliek hier om joune nou in die e-winkel te koop.