Haasbekkie-fotokompetisie: WEN prettige pryse direk uit Tandeland!

Die tandemuis is voorwaar ’n besige muis. Haasbekkies laat mos die tandjies die een na die ander waai in die hoop dat die tandemuis ’n draai kan kom maak. Nou is dit elke klein haasbekkie se kans om te wissel EN te wen!

As deel van die bekendstelling vanKraal Uitgewers se nuwe reeks kinderboeke, Kraal Kleinspan, verskyn die eerste boekie in dié reeks – Briewe van die tandemuis – eersdaags op die rak. Daarom word alle haasbekkies genooi om vir die Kraal Uitgewers Haasbekkie-fotokompetisie in te skryf. Dit is so maklik soos 1-2-3. 

Wie mag inskryf?
Enige maatjie wat ’n tand gewissel het en nou spog met ’n haasbekglimlag mag inskryf. 

Hoe werk dit?
Mamma of pappa neem ’n foto van die haasbekglimlag, voltooi die onderstaande inskrywingsvorm en stem in om die haasbekkie in te skryf vir die kompetisie. Inskrywings is gratis en meer as een inskrywing mag ingestuur word. (Aandag, mammas – Kraal sal nie die foto’s van inskrywings sonder die ouers se toestemming op enige platforms publiseer nie. Slegs die wenfoto sal gepubliseer word en dan slegs met die nodige toestemming. Foto’s bly die eiendom van die fotograaf en sal nie deur Kraal verkoop word nie.) 

Wanneer kan ek inskryf?
Inskrywings open op Maandag 5 Oktober en sluit op Maandag 23 November 2020. 

Wat kan ek wen?
’n Prettige geskenkpakkie direk uit Tandeland. Dié pakkie sal onder meer ’n kopie van die boekie Briewe van die tandemuis, ’n persoonlike brief van Kardoemsie die tandemuis en ’n pakkie tandekoepons (vir al die volgende tandjies wat gewissel word) insluit. Die pakkie sal per koerier na jou gestuur word.


Inskrywingsvorm: Haasbekkie-fotokompetisie

  • (Geen fotos in skoolklere nie asb.)
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

 

One thought on “Haasbekkie-fotokompetisie: WEN prettige pryse direk uit Tandeland!

  1. Pingback: Nuut op Kraal Uitgewers se boekrak: Briewe van die tandemuis - Wêreldwyd

Comments are closed.