Historiese foto – Drie geslagte gedurende die ABO

Drie geslagte gedurende die Anglo-Boereoorlog – P.J. Lemmer (66 jaar), die penkop J.D.L. Botha (15 jaar) en S.J. Pretorius (43 jaar). In haar boek oor die penkoppe van die Anglo-Boereoorlog skryf Pets Marais dat die jong seuns (waarvan sommige skaars 13 jaar oud was) as deel van die vegtende magte aanvaar is. “Net soos al die werk op die plaas van jongs af deur die kinders gedeel is, is aanvaar dat die seun aan die sy van sy vader hoort … Sommige penkoppe het die vanselfsprekendheid ’n bietjie te ver gevoer. So vertel Roland Schikkerling in Commando Courageous dat toe hulle ’n dertienjarige seun op ’n donkie en gewapen met ’n martini-henrygeweer ondervra het, hulle dié lakonieke antwoord gekry het: ‘Ek is Jooste. Ek gaan Engelse skiet.’”