Historiese foto – Gezina Kruger se begrafnis

Paul Kruger, president van die ZAR, het Pretoria op 29 Mei 1900 gedurende die Anglo-Boereoorlog verlaat. Sy vrou, Gezina, se gesondheid was baie swak en sy het nie die hoofstad saam met hom verlaat nie. Sy is nagenoeg ’n jaar ná haar man se vertrek op 20 Julie 1901 in Pretoria oorlede. Sy was 70 jaar oud. Dié foto toon haar begrafnisstoet. Gezina is in die Heldeakker in Pretoria begrawe.