Idio-bordspel: Die idiome-speletjie wat jou sal laat skaterlag

Skud jou vere reg, ruk ’n haas uit die hoed en slyp jou tande vir die stryd. Watter stryd? Die prettige, jolige bordspel Idio natuurlik! Hierdie bordspel is geskik vir die hele gesin, vriende en selfs skoolgroepe. Dit gee kleur (en pret) aan Afrikaans se mooiste en vreemdste idiome. Pak jou vernuftige tekentalent, algemene (idoom-)kennis én stomstreektegnieke in vir dié bordspel, want jy gaan dit nodig kry.

Die bordspel is van ’n hoë gehalte en beskikbaar deur Kraal Uitgewers teen slegs R350.
KLIEK HIER om dit aanlyn te bestel.

Die kort en die lank van Idio 

Hoe werk dit?

Die kort: Dink aan Pictionary, gemeng met ’n goeie dosis stomstreke (oftewel mimiek en gebarespel), voeg ’n bietjie 30 Seconds by, en daar het jy dit: Idio!

Die lank: Daar is twee stelle kaartjies. Die een vereis ’n spanaktiwiteit waarin spanmaats óf gebare moet gebruik om ’n idioom uit te beeld, óf dit moet teken. Hiervoor het die span presies twee minute. Die ander stel kaartjies toets jou kennis van idiome. (Gelukkig is daar drie opsies om uit te kies!) Geluk speel natuurlik ook ’n rol in hierdie bordspel. As die dobbelsteen net reg val, kry jy dalk die kans om weer te speel of ’n paar plekke aan te skuif. Let wel, daar is ook slaggate wat jou span lelik op hul neuse sal laat kyk.

Wie sal lekker kan saam speel?

Die kort: Almal wat al kan loop, lees en praat!

Die lank: Ma, Pa, die kinders (10 jaar +), vriende, skoolgroepe, onderwysers, taalkenners, gesinne, Oupa, Ouma, vriende, vyande, taalliefhebbers . . . ja, almal. 

Hoeveel spelers is nodig om Idio te kan speel?

Die kort: Minstens vier spelers

Die lank: Minstens vier mense, maar onthou die gesegde – hoe meer siele, hoe meer vreugde!

Komaan, bestel nou jou bordspel en kry die idiome lag-lag onder die knie.

One thought on “Idio-bordspel: Die idiome-speletjie wat jou sal laat skaterlag

  1. Pingback: Idio-bordspel: Die idiome-speletjie wat jou sal laat skaterlag - Wêreldwyd

Comments are closed.