Johann de Lange 60: ’n Huldiging vereer die enigste digter van die sogenaamde Tagtigers wat met die Hertzogprys bekroon is. Dit bevat bydraes deur tien vooraanstaande Afrikaanse skrywers, akademici en letterkundiges, onder wie Daniel Hugo, Erika Terblanche, Antjie Krog, Joan Hambidge en Bernard Odendaal.
Johann de Lange is ’n meesterlike skrywer wat met sy digkuns daarin slaag om verhelderend te skryf oor gay-seksualiteit en ’n nuwe wêreld deur sy natuurgedigte te open. Hy is ’n veelkantige woordkunstenaar wat ook in ander genres sy vaardigheid en vakmanskap toon. De Lange het twee kortverhaalbundels en ’n dagboek op sy kerfstok en is ook bekend as bloemleser, redakteur, kritikus en vertaler.
Johann de Lange 60: ’n Huldiging is die vyfde boek in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se huldigingsreeks van Hertzogpryswenners. Hiermee word hulde gebring aan die literêre kunstenaars wat oor dekades Afrikaans en Afrikaanse letterkunde met hul werk verryk het. Die boek is hier as deel van ‘n pakket beskikbaar en sluit die volgende bundels in wat intussen in dié reeks verskyn het: Adam Small: Denker, digter, dramaturg; P.G. du Plessis: Hy was ’n rukkie pagter hier; Pieter Fourie: Teatermaker; en breyten breytenbach: woordenaar, woordnar.
ISBN: 978-0-9947159-9-9
Kategorieë: Boeke/ Niefiksie/ Letterkunde
Spesifikasies: Portret; 220 mm x 150 mm; sagteband; 218 bladsye
Redakteur: Daniel Hugo
Skrywers: Daniel Hugo, Erika Terblanche, Antjie Krog, Joan Hambidge, Neil Cochrane, Tanja Botha, Christo van der Westhuizen, Bernard Odendaal, Francois Smith, Tony Ullyatt
Uitgewer: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Reeks: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Hertzogpryswenners-huldigingsreeks
Genre: Niefiksie