Jopie Fourie: Rebelle-held se afskeidsbrief ure voor sy dood

Jopie Fourie word as een van die bekendste Afrikanermartelaars beskou.

Sekerlik die bekendste Rebellie-held, Jopie Fourie, se verhaal is vandag, meer as 100 jaar later, steeds net so skokkend as wat dit vir mense in Desember 1914 was. Sy dood voor ’n vuurpeleton om 05:00 op Sondag 20 Desember het geweldige ontsteltenis onder Afrikaners veroorsaak.

Fourie het in die ure voor sy dood ’n aantal briewe aan sy volk, sy vrou en familie geskryf. Nadat hy op 19 Desember 1914 skuldig bevind is aan verraad (omdat hy as lid van die Unie-Verdedigingsmagte aktief aan die Rebellie deelgeneem het) is die vonnis gelewer. Dit is minder 24 uur later voltrek. Ten spyte van die emosies wat daar sekerlik in sy binneste moes woed in dié tyd, het hy in ’n brief aan sy volk ’n treffende oproep gelewer. Sy “vermaning” aan sy volk, soos hy dit self stel, is eenvoudig. Dit is ’n vermaning wat in vandag nog net soveel betekenis dra as tydens die worstelinge van 1914: “Wees getrou tot die dood. Wees getrou aan u tradisies, aan u taal en aan u volk.” (Vertaal uit die oorspronklike Hollands.)

Jopie Fourie se brief aan sy volk

Die volledige brief wat Jopie Fourie teen 12:50 in die nag van 20 Desember (minder as vier ure voor sy teregstelling geskryf het) lees soos volg:

Getrouwe Afrikaner vrienden en vriendinnen, bij de tijd dat gij dit schrijven ontvangt dan is Jopie bij zijn Hemelse Vader. Om vijf uur vertrek ik van hier op de reis naar de eeuwigheid met de getrouwe Leidsman en Vriend Jezus.

Ik heb u vele allen te bedanken voor de boom die geplant is en met mijn bloed benat wordt. ‘T zal opgroeien tot een groten boom en het zal heerlijke vruchten voortbrengen. Wees getrouw aan uw volk aan uw tradities, aan uw Godsdienst en aan uw God. De Heere zal u leidenen. Hij u den weg wijzen waarheen gij moet gaan. Schrijf op mijn grafsteen deze woorden: Voor God en Vaderland.

Ik ben nog jong en mijn leven is zoet. Maar dank God Hij heeft mij los gemaakt. Ik heb niets dat mij hindert, geen haat, geen liefde. God zal voor mijn geliefde zorgen, God komt de wraak toe. Getrouwe vrienden en vriendinnen weest overtuigd dat ik uw sijmpathie gebeden waardeer. Het spijt mij dat ik u allen niet de hand kan drukken maar God heeft anders gewild en Hij heeft mij kraght gegeven om mij aan zijn wil te onderwerpen. Dat is mijn laaste letters die ik schrijven zal en mijn vermaning is. Wees getrouw tot den dood. Wees getrouw aan uw tradities, aan uw taal, aan uw volk.

God zij met u allen tot wij wederzien.

Jopie Fourie: Kitsfeite

  • Joseph Johannes (Jopie) Fourie is op 27 Augustus 1878 gebore op die plaas Wildebeesthoek in die Pretoria-distrik gebore.
  • Op die ouderdom van 17 jaar sluit hy by die Transvaalse magte aan as vrywilliger en het die boodskap gedra waarin Jameson beveel is om onvoorwaardelik oor te gee tydens die Jameson-inval.
  • Hy het aan die Anglo-Boereoorlog deelgeneem, maar teen Oktober 1901 hom aan die vyand oorgegee om mediese behandeling te ontvang vir ’n ernstige beenwond waaroor hy vir sy lewe gevrees het. Hy was tot en met Februarie 1902 in ’n hospitaal in Pretoria verpleeg, maar was permanent mank. Hy is hierna as krygsgevangene aangehou.
  • Hy trou in 1903 met Susan Engelmohr. Daar was geen kinders uit hul huwelik gebore nie.
  • Jopie en sy broer Johannes was albei steeds lede van die Unie-Verdedigingsmagte ten tyde van die 1914-Rebellie. Hulle is albei gevange geneem vir hul deelname, op 19 Desember 1914 aan verraad skuldig bevind en ter dood veroordeel. Johannes is egter dieselfde dag begenadig en sy straf is tot vyf jaar gevangenisstraf met dwangarbeid verminder.

Lees meer oor Jopie en die Rebellie

Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 word beskou as een van die mees omvattende oor die Rebellie van 1914 en is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R500. Jopie Fourie se verhaal en die ander gebeure van die Rebellie is volledig hierin opgeteken. Koop jou eksemplaar hier aanlyn op Kraal Uitgewers se e-winkel.

 

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!