Jou Kraal-liefdesgids: So maklik soos 1-2-3

Dit is Februarie en liefde is in die lug. Daar kruip dalk nie ’n Don Juan, Romeo of Juliet in jou weg nie. Daarom maak Kraal Uitgewers hierdie jaar seker dat die liefde so maklik soos 1-2-3 loop!

  1. Sê bloot: “Ek HOU van jou!”

Jy hou reeds van daardie spesiale “iemand”, gaan hou (oftewel “like”) sommer ook van Kraal Uitgewers se Facebook-blad en ontvang in die maand van liefde ’n daaglikse eg Afrikaanse liefdesboodskap. Gaan voort en deel hierdie liefdeswoorde na hartelus met jou beminde.

  1. Lief, liewer, koppie koffie . . .

Kraal Uitgewers se nuwe koffiebekerstelle (met een vir hom én een vir haar) sê “hier is ’n soentjie vir jou” op ’n prettige, speelse manier. (Jan Pierewiet was toe al die pad ’n wyse karakter met sy ewe wyse woorde. Dankie, Jan!)

  1. Leer van liefde by die meesters

Wanneer dit maanskyn en rose gaan, borrel die hart oor en loop die liefde ook sommer seepglad. Maar wanneer daar oorloë woed, jy en die liefde van jou lewe ’n bestaan moet oopkap in een van die gehardste landskappe in ’n ongerepte deel van Afrika, en julle beide vir ’n jaar of meer in die veld moet oorleef met die vyand alewig op jou hakke – dan is dit nie so eenvoudig nie. Dan is dit soveel méér as kalwerliefde, dan is dit die verhaal van Koos en Nonnie de la Rey. Ontmoet dié formidabele egpaar in twee van Kraal Uitgewers se treffendste geskiedenispublikasies – De la Rey: ’n Stryd vir Vryheid en Nonnie de la Rey: Pionier van die Wes-Transvaal, 1856‑-1923 – nou beskikbaar teen die “liefdevolle” prys van slegs R500.*

*Prys geldig tot 14 Maart 2018 of terwyl voorraad hou.