Ken JY die antwoord?

Wat is Suid-Afrika se nasionale boom? Watter diere verskyn op die Suid-Afrikaanse banknote? In watter Vrystaatse dorp word die jaarlikse Kersiefees gehou?

As enige van hierdie vrae jou laat kopkrap het of bloot na Google laat gryp het, is dit tyd vir die lekkerste, lag tot jy lê, eg Suid-Afrikaanse bordspeletjie – Die volgende stop.

Pak hierdie wintervakansie jou tas en gaan op ’n reis deur Suid-Afrika. Beproef jou beste stomstreektegnieke, toets jou algemene kennis en gee blitsverduidelikings oor eiesoortige en eg Suid-Afrikaanse plekke, idees en selfs spreekwoorde met dié bordspel. Die volgende stop­-bordspeletjie en aanvullende Reeks 2-speelkaarte is beskikbaar by Kraal Uitgewers. Spring gou en koop jou speletjie en ekstra speelkaarte sommer hier aanlyn en maak gereed vir ure se vakansiepret.