Klik en koop by Kraal

deur Luan van Schalkwyk 

Met die digitale revolusie wat nou goed op dreef is, is aanlyn inkopies nou lankal nie meer ’n nuutjie nie. Nee wat, Jan Alleman kan nou al vir ’n geruime tyd sy inkopies aanlyn doen vanuit die gemak van sy sitkamerstoel, kampstoel of watter stoel waarop hy ook al sit, mits hy internettoegang het.

Vir die kranige lesers in Afrikaans is daar ook nou ’n aanlyn tuiste waar hulle na hartelus kan koop in Afrikaans – www.kraaluitgewers.co.za.

Vergeet van Kindle en e-boeke; jy hoef nie ’n “tegno-tannie” te wees om by Kraal se aanlyn winkel te koop of om die boeke te lees nie. Die proses is so maklik soos val uit ’n boom. Net ’n paar klikke en voor jy jou oë uitvee is die nuutste gedrukte werk in jou hande en onder jou leesneus. Ai, die reuk van ’n vars gedrukte boek darem!

Lesers kan kies en keur uit ’n verskeidenheid Afrikaanse titels, met die fokus op Afrikanergeskiedenis, -taal en -kultuur.  Jy hoef nie ’n kranige leser te wees om iets in die Kraal e-winkel te vind wat jou aandag gaan trek nie. Daar is ook bordspeletjies, notaboekies, koffiebekers en nog vele meer oulike Afrikaanse produkte beskikbaar waarmee jy trots jou taal, kultuur en geskiedenis kan uitleef.

Besoek ons gerus vandag aanlyn of gedurende kantoorure by ons boekwinkel op die hoek van D.F. Malan- en Unielaan in Kloofsig, Centurion. Vir meer inligting skakel 012 880 1953 of stuur ’n e-pos na kraal@kraaluitgewers.co.za.