Kom kuier saam en deel jou Grensoorlog-ervaring

Kraal Uitgewers nooi oudweermaglede, -polisielede en belangstellendes in die geskiedenis van die Grensoorlog uit na ʼn unieke boekgesprek saam met die skrywers Leopold Scholtz en Louis Lubbe. Die gesprek word op Donderdag 14 April vanaf 18:00 by die Kraal Uitgewers-boekwinkel in die AfriForum-gebou (geleë op die hoek van D.F. Malan- en Unielaan, Kloofsig) gehou.

Louis Lubbe en Leopold Scholtz het albei gewilde publikasies oor die Grensoorlog op hul kerfstokke. Lubbe se boek getiteld Van Ovamboland tot Masjonaland fokus op die Suid-Afrikaanse Polisie se betrokkenheid in die Grensoorlog en sluit tientalle persoonlike verhale van oudpolisielede in. Dié boek is tans by Kraal Uitgewers beskikbaar.

Scholtz se boek, Die SAW in die Grensoorlog, 1966-1989, is ʼn omvattende publikasie oor die Grensoorlog wat die oploop, verloop en internasionale konteks van die oorlog in die kollig plaas.

Beide skrywers sal saam met gaste die geleentheid kry om oor ʼn gesellige koppie koffie hul kennis oor dié oorlog deel.

Toegang is gratis en bywoning moet voor of op Dinsdag 12 April bevestig word by hannelie@kraaluitgewers.co.za. Bespreek vroegtydig; beperkte plek beskikbaar.

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!