Kom praat jou praat, maar moenie dat jou woorde opraak nie!

TIEN DAE VAN ERFENIS – DAG 5 : 19 SEPTEMBER

Kom praat jou praat, maar moenie dat jou woorde opraak nie! Vandag vier ons Afrikaans en haar kleurvolle spreekwoorde.

Drie feestelike spreekwoorde
• Om iemand aapstert te gee beteken om iemand ’n pak slae te gee.
• Om onder die besemstok te staan beteken om deur ’n vrou regeer te word.
• Sy hempie is kort, word gewoonlik gesê van iemand wat gou kwaad word.

Vier ons taalerfenis by Kraal Uitgewers
Die haas is uit die hoed en die aap uit die mou, want by Kraal Uitgewers is daar die skattigste spreekwoord-notaboekies net vir jou!