Kraal Uitgewers

AfriForum-gebou, H.v. D.F. Malan- en Unionlaan, Kloofsig, Centurion, Suid-Afrika

Maandae tot Donderdae van 08:00 tot 16:30 Vrydae van 08:00 tot 15:00.

(012) 880 1953

kraal@kraaluitgewers.co.za

Algemene vrae

Wat is die afleweringskoste van bestellings?

Afleweringskoste word bereken per bestelling op grond van:

  • die produkte se grootte en gewig;
  • die afleweringsadres; en
  • die diensverskaffers wat gebruik word (kliënte het die keuse tussen versending deur die Suid-Afrikaanse Poskantoor, ‘n geselekteerde koeriermaatskappy of Postnet)

 

Hoe spoor ek my pakkie op?

Kraal Uitgewers stuur na afloop van die suksesvolle bestelling en betaling ʼn spoornommer na jou e-posadres met volledige inligting oor hoe om die versending van jou pakkie deur die Suid-Afrikaanse Posdiens, PostNet of die gekose koeriermaatskappy te volg. Indien jy enige probleme met die opsporing van jou pakkie het, kontak die uitgewer direk by kraal@kraaluitgewers.co.za of skakel ons gedurende kantoorure by 012 880 1953.

Kan ek my bestelling kom oplaai?

Ja, jy is welkom om jou bestelling by ons kantore te kom oplaai gedurende kantoorure. Die boekwinkel is geleë in die AfriForum-gebou, op die hoek van D.F. Malan- en Unionlaan, Kloofsig, Centurion. Kliek hier vir die Google-kaart.

Ons kantoorure is Maandae tot Donderdae van 08:00 tot 16:30 en Vrydae van 08:00 tot 15:00. Die winkel is gesluit oor naweke en op vakansiedae. Indien jy wil bevestig dat die winkel oop is, kontak ons by 012 880 1953.

Belangrik: Kraal Uitgewers sal per e-pos met jou kommunikeer om te bevestig dat die pakkie gereed is om afgehaal te word. Hou dus jou e-pos dop – of skakel ons indien jy onseker is hieroor.

Kan ek direk by julle winkel kom koop?

Ja, die Kraal Uitgewers-boekwinkel is oop vir die publiek. Ons kantoorure is Maandae tot Donderdae van 08:00 tot 16:30 en Vrydae van 08:00 tot 15:00. Kliek hier om ons op Google Maps te vind. Die winkel is gesluit oor naweke en op vakansiedae. Indien jy wil bevestig dat die winkel oop is, kontak ons by 012 880 1953. Kaartfasiliteite en Snapcan is by die Kraal Uitgewers-boekwinkel beskikbaar. Kontant word ook aanvaar.

Watter betalingsmetodes word aanvaar?

Kaartfasiliteite en Snapcan is by die Kraal Uitgewers-boekwinkel beskikbaar. Kontant word ook aanvaar. Betalings deur Kraal Uitgewers se e-winkel word deur Sage Pay hanteer. Kredietkaarte sowel as direkte EFT-betalings word ook deur die e-winkel aanvaar.

Hoe lank sal die bestellings neem om afgelewer te word?

Aflewering hang af van die diensverskaffer wat gebruik word, maar is min of meer soos volg:

  • Postnet: Twee tot drie werksdae (ʼn bykomende dag sal geld vir aflewerings wat op die platteland gemaak moet word).
  • Koerier: Oornagfasiliteit is beskikbaar vir aflewering na groot stede en aflewering na plattelandse gebiede neem nagenoeg 48 uur.
  • Suid-Afrikaanse Posdiens: Nagenoeg vyf tot tien werksdae.

Belangrik: Pakkies wat via PostNet of die poskantoor versend word, word slegs op Vrydae gestuur.

Versending

Bestellings deur die Kraal Uitgewers e-winkel word tans slegs binne Suid-Afrika versend. Klik hier om navraag te doen oor bestellings buite Suid-Afrika.

Stuur ‘n navraag

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.