Koos én Nonnie de la Rey – twee boeke, een wonderlike prys

Koos de la Rey, die legendariese Leeu van die Wes-Transvaal, en sy eggenote, Nonnie de la Rey, het beide uitsonderlike lewensverhale. Koos, as Boeregeneraal wat veral gedurende die Anglo-Boereoorlog as dappere leier na vore getree het, en Nonnie, as pioniersvrou en moeder wat vir agtien maande lank gedurende dieselfde oorlog met haar kinders in die veld geswerf het. Albei se biografieë is by Kraal Uitgewers beskikbaar en teen ʼn spesiale prys as ʼn pakket beskikbaar. De la Rey: ʼn Stryd vir vryheid (die derde boek in Kraal Uitgewers se gewilde Erwe van ons vaad’re-reeks) en Nonnie de la Rey: Pionier van die Wes-Transvaal, 1856-1923 is beskikbaar teen slegs R500 (posgeld uitgesluit). Kliek hier om jou De la Rey-stel te bestel.

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!