Kraal Uitgewers bring nie net vir jou nuwe, toonaangewende publikasies oor die geskiedenis nie – ons stof ook ouer werke af. Herontdek verskeie bekende, minder bekende en selfs vergete geskiedenisboeke uit ons geskiedenis met Kraal Uitgewers Afgestof.

Deur hierdie digitale platform kry ondersteuners van Kraal Uitgewers eksklusiewe toegang tot elektroniese weergawes van ou gunstelinge wat lank reeds nie meer in druk is nie en nou so skaars soos hoendertande op geskiedenisliefhebbers se boekrakke geword het.

Om toegang tot dié platform te kry is eenvoudig: Teken hieronder in op die nuusbrief van Kraal Uitgewers en binne ’n japtrap stuur ons vir jou ’n e-pos. Volg bloot die skakel daarop om jou elektroniese boek gratis af te laai.

Lekker lees!

Nuusbrief

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Christiaan de Wet: ‘n Lewensbeskrywing

Jopie Fourie: ‘n Lewenskets