Kraal op NALN se uitgewersmuur verewig

Ilze en Alana by die muur

Ilze en Alana by die muur.

Tydens hulle onlangse besoek aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein, het Kraal Uitgewers se Alana Bailey (uitvoerende hoof) en Ilze Nieuwoudt (publikasiehoof) die besondere voorreg gehad om NALN se uitgewersmuur namens Kraal te teken! Op die muur kan uitgewers, skrywers, kunstenaars en ander bekende boekliefhebbers hulle boodskappe aan NALN neerpen.

Dit was vir Kraal ’n hoogtepunt om die bekendstelling van prof. J.C. Steyn se jongste werk, Verset en opbou, saam met NALN aan te bied. Die museum huisves ’n kosbare versameling boeke, argiefdokumente, foto’s, illustrasies, knipsels en selfs voorwerpe wat aan bekende Suid-Afrikaanse skrywers en digters behoort het. Geen liefhebber van Afrikaans of boeke mag daar verbyry sonder om eers te gaan besoek aflê nie. Die personeel is uiters gasvry en help ook graag met navorsingsversoeke oor onderwerpe wat met Afrikaanse letterkunde verband hou.