Kraal se boekrak – Spioenmeesters

Spioenmeesters: Vriende, vyande en verraaiers van die 20ste eeu deur Henning van Aswegen
(Uitgegee deur Kraal Uitgewers, 2021)


“Die spioenasiebedrywighede van Suid-Afrika se intelligensiedienste het reeds in 1894 begin en is ’n weerspieëling van ons land se onstuimige en kontroversiële geskiedenis. Reeds vanaf pres. Paul Kruger se Geheimediens het Suid-Afrika min of meer altyd ’n spioenasiediens as staatkundige beleidsinstrument tot sy beskikking gehad. Daar was dus volop geleenthede waar die klandestiene optrede van ’n enkele spioen die verloop van die geskiedenis verander het.”