Kraal Uitgewers Boekgesprek: “Wat verklap jou geliefde se gesig?” met Marthie Maré

Kraal Uitgewers se eerste amptelike Boekgesprek is om die draai en Kraal-vriende word uitgenooi om ’n unieke Valentynsdag-skemerkelkie in die geselskap van gesigsontleder en skrywer Marthie Maré by te woon.

Maré is ʼn kenner op die gebied van fisionomie, ʼn studie waarin die karaktereienskappe van die menslike gesig ontleed word. Hierdeur word onthul hoe jou gesig onder meer gedagtepatrone, besluitnemingsvermoë en selfs werkstyl kan verklap. Deur die bril van fisionomie kry die gesegde: “Ek lees jou soos ʼn boek” as’t ware nuwe betekenis.

Kom vind hierdie Valentynsdag uit wat jou gesig aan jou geliefde (of voornemende liefde) verklap.

Maré is die skrywer van die gewilde boek Legkaart van jou gesig: Fisionomie in ʼn neutedop (ook beskikbaar in Engels, uitgegee deur Lapa). Sy het ook opspraakwekkende bydraes gelewer tot die samestelling van kriminele profiele wat in die boek Man or Monster (deur Carla van der Spuy) ingesluit is.

Datum: Woensdag 10 Februarie 2016
Plek: Kraal Uitgewers-boekwinkel, AfriForum-gebou, h.v. D.F. Malanstraat en Unionlaan, Kloofsig
Tyd: 18:00
Toegang: GRATIS

Bevestig bywoning voor of op Dinsdag 9 Februarie by hannelie@kraaluitgewers.co.za. Beperkte plek beskikbaar.