Lees, kyk én leef Afrikaans!

Kraal Uitgewers vier vanaf Maandag 14 Augustus tot Sondag 20 Augustus 2017 Afrikaans met die Lees, kyk én leef Afrikaans-week. Dit word as deel van die landswye Koop-’n-Afrikaanse-boekdag (’n inisiatief van die Vriende van Afrikaans – VVA) aangebied. Vanjaar kan Kraal-lesers Afrikaans in sy volle omvang geniet met ’n spesiale Afrikaanse boek- en DVD-pakket ter waarde van R750. Jaap Steyn se boek Ons gaan ’n taal maak: Afrikaans sedert die Patriot-jare én die DVD, Die wonder van ’n nuwe taal, is vandeesweek beskikbaar teen die weggeeprys van slegs R525 – ’n stewige 30%-afslag op die normale prys.

Nou kan jy die mooiste, mooiste taal vier deur dit te lees, kyk én leef!

KLIEK HIER om van hierdie spesiale aanbod gebruik te maak.

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!