Loop breëbors met dié meesterdigter

Sommige noem hom die invloedrykste Afrikaanse intellektueel van alle tye, vir ander is dit eerder dié man se digkuns wat die hart (en gedagtes) op soveel maniere raak. N.P. van Wyk Louw was onder andere ’n vyfmalige wenner van die gesogte Hertzogprys vir poësie en skrywer van die nou legendariese werke “Raka”, “Grense” en “Die beiteltjie”.

Gedenk hierdie meesterdigter met Kraal Uitgewers se Louw-pakket (met ’n N.P. van Wyk Louw T-hemp en CD met toonsettings van sy gedigte deur Leon Gropp).

Klik hier vir meer inligting.