Madge: Een familie se kleurvolle verhaal

deur Ilze Nieuwoudt 

Die verhaal van ’n dogtertjie, Maria Magdalena (oftewel Madge), wat in 1900 op ’n Karoo-plaas buite De Rust gebore is en saam met haar ouers en vyf susters grootgeword het, is vir die Wilson-familie meer as net ’n eenvoudige kinderboek. Madge is geskryf en geïllustreer deur Madge se dogter, Anne Wilson, en bevat unieke kultuurhistoriese besonderhede oor haar ma se geboorteplek, grootwordjare, skooldae en hulle lewe op die plaas. Inligting oor die gesin se besoek per ossewa aan die see, Kersfeesvieringe en selfs begrafnisse gee aan hierdie familieverhaal ’n uitsonderlike karakter en bied ’n manier waarop dié familie se geskiedenis aan die hand van sekere prominente en minder prominente gebeure vertel én bewaar word.

Klik hier om Madge aanlyn in Afrikaans of Engels te lees.

Stel jy belang om jou familie se geskiedenis te bewaar? Klik hier vir ’n paar handige wenke hiervoor.