Max du Preez bieg oor Pad na selfbestuur

“Ek sê ek wil bieg. Ek dink ek moes Flip Buys se idees oor selfversorgendheid al vroeër ernstig opgeneem het.”

Só het Max du Preez verlede week in sy Vrye Weekblad-rubriek “Maandag met Max” geskryf (lees hier). Hierop het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, onder meer soos volg in Rapport gereageer:

“Suid-Afrika toon talle tekens dat dit besig is om van ‘bo’ te misluk. Die goeie nuus is dat die private sektor en gemeenskappe vinnig besig is om van ‘onder’ op te bou. Waar ’n staatsdiens verval, gebruik ’n ondernemende persoon of gemeenskap die nood om met ’n oplossing vorendag te kom en dit in werking te stel. So kom ’n federale werklikheid van onder tot stand in die plek van ’n sentralistiese bedeling wat van bo begin uitrafel.”

Lees meer oor dié oplossings en die federale werklikheid in Buys se boek Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur. Nou beskikbaar teen slegs R200 in Kraal Uitgewers se e-winkel.