Meesterstukke van geliefde digter getoonset

Dertien uitsonderlike toonsettings van die meesterdigter N.P. van Wyk Louw is nou beskikbaar op die talentvolle sanger en liedjieskrywer Leon Gropp se nuutste album, Rooidag. Gropp het bekendheid verwerf as lid van die kitaarduo CH2. Sy fluweelstem, fyn aanvoeling vir die poësie en musikale talent wat tussen elke noot van sy sielvolle kitaarspel vloei verseker ’n diep en luisterryke album. Verskeie ander kunstenaars insluitende Coenie de Villiers, Anna Davel en Christiaan Baartman maak ook hul verskyning op Rooidag.

Louw se bekroonde skryfwerk word as tydlose kuns beskou met ’n steeds uitsonderlike relevansie vir lesers van vandag. Gropp beskryf Rooidag soos volg: “Ek noem dit ’n hartsprojek omdat ek graag die nalatenskap van N.P. van Wyk Louw wil eer deur sy gedigte en prosa in musikale vorm vir mense te bring.”

Gedigtoonsettings van verskeie van Louw se bekendste en geliefste gedigte, soos “Grense”, “Daar is geen woord” en “Ons liefde is ’n uur se ydelheid” is op Rooidag ingesluit.

Die album is nou HIER beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R150 elk.

One thought on “Meesterstukke van geliefde digter getoonset

  1. Pingback: Meesterstukke van geliefde digter getoonset - Wêreldwyd

Comments are closed.