Moedersdag: Vertel van jou avontuur en WEN!

Was dit die groot middernagfees? ʼn Spontane vakansie in Europa? Die keer wat julle saam gaan valskermspring het of selfs die geheime taal wat julle ontwikkel het? Vertel ons van jou grootste avontuur wat jy al met jou ma gedeel het en staan die kans om vir haar ʼn spesiale Moedersdag-geskenk van Kraal Uitgewers te wen. Stuur jou storie na kraal@kraaluitgewers.co.za voor Vrydag 6 Mei om 12:00.

Moedersdag: Gee ʼn geskenk wat met haar hart praat

 Niemand ken die hart, vreugdes en hartseer van ʼn moeder soos ʼn ma nie. Daarom is stilWo(o)rd (geskryf deur Marietha Malan) die ideale Moedersdaggeskenk vir elke moeder – oud en jonk. Dié boek (beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R120, R20-posgeld uitgesluit) is ʼn diep persoonlike reis van ’n ma wat vertel van haar eie kinders se grootword, teleurstellings, geluk en hartseer. Dit sal jou tref met die besef dat die liefde van ’n moeder geen perke ken nie.

Malan skryf reeds die afgelope dertien jaar ’n geestelike rubriek vir die Solidariteit Tydskrif. In dié meer as ’n dekade se vertellings kom die spesiale en selfs skynbaar nietige ervarings van ’n gesin se mees intieme oomblikke na vore – en elkeen getuig van die manier waarop God se hand in hul lewe sigbaar is.

stilWo(o)rd sal jou tot stilte dwing en jou eie lewe se hoogte- en laagtepunte weer in oënskou laat neem. Die boek bevat ’n keur van sestig van Malan se mees geliefde rubrieke en sluit ook ’n treffende CD met die voorlesing van alle rubrieke in – ideale inspirerende luisterstof vir taai vroegoggendverkeer of luilekker langpadvakansies.

stilwo(o)rd is beskikbaar deur Kraal Uitgewers teen R120 (CD ingesluit, R20-posgeld uitgesluit). Vir meer inligting of om ’n bestelling te plaas, kontak die uitgewer direk by 012 644 4329 of stuur ’n e-pos na kraal@kraaluitgewers.co.za.

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!