Moedertaal en melktert

deur Ilze Nieuwoudt

Min dinge sê “lekkerrrr” soos Afrikaans en melktert! Daarom kan Kraal Uitgewers-ondersteuners hulle regmaak vir dubbeldoorvieringe gedurende Februarie. Vanaf 21 Februarie skop die partytjie af met die viering van Internasionale Moedertaaldag en eindig op 27 Februarie wanneer die wonder van die allerlekkerste lekkerny op Nasionale Melktertdag gevier word. Gedurende dié week (21 tot 27 Februarie 2020) sal spesiale webblad aanbiedings geld op verskeie boeke en produkte wat Afrikaans en Suid-Afrikaanse kookkuns (en natuurlik melktert) vier. 

Só ontstaan ‘n taal

  • Ons gaan ’n taal maak’: Afrikaans sedert die Patriot-jare is die omvattende werk oor die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans deur die hoog aangeskrewe taalwetenskaplike en digter, J.C. Steyn. Dié boek gaan soek na die nederige bestaan van Afrikaans die kombuistaal en volg die uitdagende roete tot by die vestiging daarvan as ’n wetenskapstaal, kunstetaal en hartstaal van meer as 7 miljoen eerstetaalsprekers.
  • Die wonder van ’n nuwe taal in Afrika (dubbel DVD-stel) vertel die kleurvolle verhaal van Afrikaans. Verskeie geleerdes, skrywers en joernaliste gesels saam oor die taal se ontstaan, prestasies en die toekoms van Afrikaans in dié indrukwekkende minireeks.

Koop beide dié items teen slegs R500 (bespaar R150).

Hou kop, hou plek
Boekliefhebbers is dit eens: Byna enige stukkie papier, strokie en kaartjie is al ingespan om as plekhouer in ’n geliefde boek te dien. ’n  Stel boekmerke met die wyse, ware en treffende woorde van enkele van Afrikaans se grootste skrywers is daarom die ideale geskenk vir die boekwurm in jou lewe, of om sommer net jouself mee te bederf. Kry nou jou stel van twaalf vir minder as ‘n koppie boeretroos hier.

Veg en bou
In Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans beskryf Steyn die uitdagende én prysenswaardige werk van Afrikaanse taalaktiviste. Hy volg die pad van Afrikaans vanaf die wankelrige begin van die 1875-patriotte tot die onderhandelinge vir ’n nuwe demokratiese Suid-Afrika en die pogings ná 1994 om Afrikaans onder ’n nie-te-vriendelike regering te behou en te bevorder. Spaar R100 op hierdie puik titel! 

Goedkoop koop is nie duur koop nie
Goedkoop koop is duur koop – só het die oumense altyd gesê. Gelukkig is dit nie altyd die geval nie. In die geval van ons Woordpret pakket, sal ons eerder sê goedkoop koop is ‘n winskoop, aangesien jy dit nou vir slegs R400 (gewoonlik R550) kan bestel! Die pakket sluit in die Idio bordspel, waar jy speel-speel leer om jouself beter in jou moerdertaal uit te druk, asook al drie van die nuwe spreekwoordnotaboekies waarin jy al jou nuutgevonde kennis kan neerpen. 

Kook soos ’n meester
Skottel en spens
is ’n moet-hê-kookboek vir elke Afrikaanse huiskok. Met die watertandlekker tradisionele Afrikaanse disse, lekkerlees stories, amusante anekdotes, verse en selfs ’n afdeling oor eg Suid-Afrikaanse meubels en ander gebruiksvoorwerpe wat deur die loop van die eeue saam met die resepte ontwikkel het, is Skottel en spens soveel méér as net nog ’n kookboek – dit is ’n belewenis. Vier Nasionale Melktertdag op 27 Februarie 2020 met dié boek beskikbaar vir slegs R100.