ʼn Jaar propvol opwinding met VANDAG 2017

Wat gaan jy op 23 Februarie of op 17 September 2017 doen? Wel, as jy Kraal Uitgewers se VANDAG-aktiwiteitsdagboek vir 2017 het, sal jy waarskynlik op dié dae vroeg opstaan om die sonsopkoms te waardeer en ʼn hoed nadertrek vir ʼn prettige hoededag. Dít, en talle ander opwindende aktiwiteite, is vir elke dag van 2017 uiteengesit in ʼn dagboek wat jou sal dwing om met ander oë na die wêreld om jou te kyk. Die dagboek bevat boonop verskeie aktiwiteite wat gebruikers by projekte van die Solidariteit Beweging betrek.

Dié dagboek is in ʼn handige A5-formaat en bied met sy uitleg van een bladsy per dag steeds meer as genoeg spasie vir al die formele dagboekinskrywings en notas. Waarom 2017 op die gewone wyse aanpak as jy elkeen van die jaar se 365 dae kan laat tel? Met dié dagboek aan jou sy sal jy beslis elke oggend in 2017 wakker word met die vraag: “Wat doen ons VANDAG?” VANDAG-aktiwiteitsdagboek is teen R200 (posgeld uitgesluit) by Kraal Uitgewers beskikbaar. Kontak Kraal Uitgewers by 012 644 4329, of stuur ʼn e-pos na kraal@kraaluitgewers.co.za vir meer inligting of kliek hier om die dagboek te bestel.