ʼn Lied vir die weeskinders van Afrika

n-lied-vir-die-weeskinders-van-afrikaDie sanger en liedjieskrywer Adam Tas het ook letterlik sy stem by Begrond gevoeg met die skryf van ʼn spesiale liedjie vir die bekendstelling van dié boek. Die liedjie “Afrikagrond” is, bedoel om ʼn verdere dimensie aan die tema te gee en is ook vir die eerste keer by die boekbekendstelling gespeel. In sy liedjie oor die Afrikaner se begronding in Suid-Afrika praat Tas van die “weeskinders van Afrika” wat weer ʼn toekoms op Afrika-grond moet maak. En soos ʼn goue draad wat deur Begrond loop, beklemtoon dié liedjie weereens dat die Afrikaner ʼn hoopvolle toekoms tegemoet kan gaan. Klik hier om na die musiekvideo van “Afrikagrond” te kyk.