Nonnie de la Rey gaan bos toe

Zelda Rowan (outeur) gesels met Friedel Hansen oor haar boek Nonnie de la Rey: Pionier van die Wes-Transvaal, 1856-1923 by InniBos 2017!

Datum: Woensdag 5 Julie
Tyd: 10:00
Toegang: R32
Lokaal: Kultuursentrum, Hoërskool Nelspruit

Dié publikasie sal tydens die fees ook by die Exclusive Books-stalletjie beskikbaar wees.

Kliek hier vir meer inligting oor dié gesprek.

Meer oor Nonnie de la Rey: Pionier van die Wes-Transvaal, 1856-1923

Pioniersvrou. Eggenote. Moeder. Opponent van Britse imperialisme. Volksmoeder. Dit is wie Nonnie de la Rey was. Dít en soveel meer. Sy was bekend as die vrou van die Boeregeneraal Koos de la Rey, maar in haar leeftyd sou Jacoba Elizabeth de la Rey (gebore Greeff) bewys dat sy veel meer as ’n blote verlengstuk van haar man was.

Haar lewe sou ook toon dat die vrou se betrokkenheid by die bittere Anglo-Boereoorlog nie net tot die smart en lyding in die konsentrasiekampe beperk was nie. Dié treffende biografie (deur Zelda Rowan en met Fransjohan Pretorius as redakteur) volg die voetspore van een van die merkwaardigste vroue in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dit vertel die verhaal van die eerste pioniers in die Wes-Transvaal, werp lig op Nonnie en Koos se nederige beginjare en die gesin se betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog.

Kliek hier om die boek nou aanlyn in die Kraal-winkel te koop.

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!