Nou beskikbaar: N.P. van Wyk Louw-pakket

Die N.P. van Wyk-Louw-pakket (bestaande uit Rooidag, die 13-snit album met gedigtoonsettings deur Leon Gropp, ’n Louw-koffiebeker en T-hemp) is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R330. Louw en sy broer W.E.G. Louw se bekroonde skryfwerk word as tydlose Afrikana beskou en bied steeds uitsonderike relevansie aan hedendaagse lesers.

Gedigtoonsettings van verskeie van Louw se bekendste en geliefste gedigte, soos “Grense”, “Daar is geen woord” en “Ons liefde is ’n uur se ydelheid” is op Rooidag ingesluit. Die sanger Gropp het bekendheid verwerf as lid van die kitaarduo CH2. Sy fluweelstem, fyn aanvoeling vir die poësie en musikale talent wat tussen elke noot van sy sielvolle kitaarspel vloei verseker ’n diep album. Verskeie ander kunstenaars insluitende Coenie de Villiers, Anna Davel en Christiaan Baartman maak ook hul verskyning op Rooidag. Die album is afsonderlik beskikbaar teen R150 en kan hier apart bestel word.

Kraal Uitgewers se Louw-koffiebekers* vorm ook deel van dié eksklusiewe pakket en dra die trotse beelde van die bekende Afrikaanse digters – N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw. Die N.P. van Wyk-beker bevat enkele reëls van dié skrywer se bekende gedig “Beiteltjie”, terwyl die W.E.G.-beker die werk van die boer besing met enkele reëls uit sy gedig “Om boer te wees”. Die Louw-T-hemde (beskikbaar in blou en groen in klein tot ekstra-groot) sit boonop die viering van hierdie merkwaardige skrywers voort en is ook by dié pakket ingesluit.

Klik hier om jou N.P. van Wyk Louw pakket bestelling te plaas.

* Die pakket sluit jou keuse van óf ’n N.P. van Wyk- óf ’n W.E.G. Louw-beker in.