“Nou kan julle sien dat die Boere nie hulle kinders voed nie”

Deur Ilze Nieuwoudt

Die Anglo-Boereoorlog (ABO) het ongekende lyding én vernedering vir die Afrikaner beteken. In haar opspraakwekkende boek oor die lyding en trauma wat die Afrikaner in die afgelope meer as 200 jaar deurgemaak het, Apartheid: Britain’s bastard child, verduidelik die skrywer en sielkundige Hélène Opperman Lewis onder meer watter invloed die gebeure van die ABO op die psige van die Afrikaner gehad het.

In ’n kort video-opname oor haar boek (hier beskikbaar) verwys Lewis na die uitgeteerde Boeremeisie, Lizzie van Zyl. Die nou bekende foto van die jong dogtertjie wat in ’n Britse konsentrasiekamp aangehou was, is destyds deur die Britse minister van kolonies, Joseph Chamberlain, aan die parlement gewys met die woorde: “Nou kan julle sien dat die Boere nie hulle kinders voed nie.”

Volgens Lewis het gebeure en uitlatings soos dié ’n blywende letsel op die Afrikaner gemaak.

Apartheid: Britain’s bastard child is beskikbaar by Kraal Uitgewers. Kliek hier om die boek te bestel.